Slaan oor na inhoud

Skemer in Alaska

Augustus 3, 2012

Saans, wanneer die arende terugkeer na hul neste

en die haringeiers liggies wieg in die seegrasse,

blink daar vir oulaas silwer strale oor die seewater,

en flits vir ‘n oomblik op die ruit van ‘n vistreiler.

Dan krul die seekat onder die rotsbanke uit,

ʼn wolf se roephuil kondig die jagtog aan,

takbokkies skuifel nader teen mekaar aan,

ʼn swartbeer strek homself langsaam uit…

Nou verstaan ek waarom die naguil my na buite roep;

om die salm in die water te hoor plas,

om die berg se kontoer te sien verdonker

as die dag in die skemer van die nag verdwyn.

Ek leer om die betekenis van die stilte te verstaan.

Ek grawe diep in die skemer van my eie bestaan.

©Freddie Burger

From → poësie

6 Kommentaar
  1. Dis nou rerig pragtig, Freddide!

  2. Ek leer soveel uit hierdie blog, dankie hoor!

  3. gjbstein53 permalink

    Pragtige beskrywing!!! Weereens !!Dankie

  4. Goed gedoen, ek hou baie hiervan!

Lewer kommentaar