Skip to content

Vertrektyd.

September 19, 2012

Oor ʼn paar ure vertrek ons na Seattle op die eerste been van ons tog na Suid-Afrika.  Voordat ons daar kom, moet ons eers vanaf amper bo-op die aarde afsak na onder die ewenaar.  Daarna moet ons halfpad om die aarde vlieg totdat ons in Suid Afrika land. Vanuit ons perspektief vlieg ons tot aan die agterkant van die aarde, vanuit die mense in Suid-Afrika se perspektief is dit net andersom.

Wanneer ons in Seattle kom, draai ons die horlosie ʼn uur terug, in Atlanta draai ons drie ure terug en dan in Johannesburg nog sewe ure terug.  Dit is maar ʼn deurmekaar spul, veral as mens op ses uurlikse medikasie is.  Ons hoop dat die besoek net so goed sal afloop as die voriges – behalwe vir die keer toe hulle by ons dogter se huis ingebreek het en Elise toe nog haar enkel ook gebreek het.

Ons sal seker nie die nuwe Afrikaans praat nie.  Ons kinders sal kinders bly en nie “kids” word nie, ook sal alles mooi bly en nie “beautiful” word nie.  Liedjies gaan bepaald ook nie “songs” word nie.  Ek hoop die mense kan ons nog verstaan.

Baie dankie vir al die goeie wense.  As dit stil word hier vanuit Alaska, moet julle weet ons is in Afrika.

Groete van die Ysburgers soos die familie ons gedoop het.

Advertisements

From → Reis Alaska

13 Kommentaar
  1. hans permalink

    tog wonderlik dat jul nog regte afrikaans praat. geniet die reis en onthou ons het slaapplek as jul in die Kaap moet draai

  2. Wonderlike vooruitsig vir al jul vriende (fam. as jul nog in SA fam.het.) Word mens nou jonger of ouer met al die tru in tyd ?? (daai een is sommer tong innie kies)

  3. Flenters permalink

    ‘n Veilige en voorspoedige vlug (met genoeg rus) word julle toegewens.

  4. elise burger permalink

    Mooi briefie!

    ________________________________

  5. Heerlike reis! geniet elke oomblik en bring mooi stories saam terug!

  6. Ek verpes die woord kids. My kinders en kleinkinders is nie boklamme nie. Jou Afrikaans mag ‘n paar botterbekke rede tot skaamte gee. (Vir my ook. ) veral oor die frans.

  7. Skuus. uit moerigheid post gedruk. Veilge en voorspoedige reis en gesellige oorstane. Geniet die reis en bly veilig.

  8. Veilige reis en welkom onder Afrika son 🙂

  9. brieweuitdievreemde permalink

    Geniet alles vreeslik baie 🙂

  10. gjbstein53 permalink

    Wil vir julle twee n baie voorspoedige reis toewens en n HEERLIKE kuier saam met die kinders en kleinkinders!!!!!! Welkom in SONNIGE SUID-AFRIKA!!!!

  11. Geniet elke oomblik!

  12. Julle moet mooi reis en ek hoop julle besoek hier in Suid Afrika is alles wat julle hoop dit sal wees!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: